DRK stel aandklokreël na bomme

‘n Aandklokreël is in die stad Beni in die Demokratiese Republiek van die Kongo ingestel ná drie bomontploffings. Owerhede sê hulle het inligting ontvang dat nog aanvalle beplan word. Twee vroue is beseer toe ‘n bom by die Katolieke Kerk ontplof het.