Covid: alles onder beheer by die weermag

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi sê talle maatreëls is in plek om lede van die weermag teen Covid-19 te beskerm. Namibië is tans in sy derde vlaag en rekord-getalle word daagliks aangemeld. Weermagbasisse het baie ooreenkomste met skole en koshuise, maar volgens Kapofi is die situasie tans onder beheer.