Covid: 23 sterftes, 361 nuwe gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 23 Covid-sterftes uit vyf distrikte aangekondig, asook 361 nuwe gevalle uit 1 437 toetsuitslae. Dit is ‘n positiewe koers van 25 persent. In die groep is 38 leerders, sewe onderwysers en nege elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 20 983 aktiewe gevalle, waarvan 516 pasiënte in hospitale is en 113 in intensiewesorgeenhede. Die Namibiese adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, verskaf die inentingsyfers.