Covid-19 gemiddelde die afgelope tyd in die land

Daar is volgens die jongste statistiek van die Namibiese ministerie van Gesondheid die afgelope tyd gemiddeld 262 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig met Windhoek wat die meeste gevalle aangeteken het. Onder die 391 nuwe gevalle was daar 48 leerlinge, 22 onderwysers, 12 studente en 21 gesondheidwerkers. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 589 waarvan 254 in die hospitaal en 45 in intensiewe sorg is. 50 241 of te wel 92% het herstel en daar is reeds 67 593 mense teen Covid-19 ingeënt.