Covid-19 eis meer as 4 000 Namibiërs

Namibië het sy kerf van meer as 4 000 Covid-sterfgevalle verbygesteek nadat die gesondheidsministerie twee sterftes in die distrikte van Opuwo en Nyangana aangemeld het, wat die totaal nou op 4 001 sterftes te staan bring. Die positiewe koers verteenwoordig nou 3,2 persent nadat 48 nuwe gevalle uit 1 484 toetsuitslae bevestig is. In die groep is nege leerders, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 2 575 aktiewe gevalle, waarvan 53 pasiënte in hospitale is en vier in hoësorgeenhede. Altesaam 20,9 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.