Covid-19: 32 sterftes in nege distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 32 Covid-sterftes in nege distrikte aangekondig, asook 187 nuwe gevalle uit 1 088 toetsuitslae. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 17 persent. In die groep is 25 leerders, drie onderwysers en twee elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 20 293 aktiewe gevalle, waarvan 371 gehospitaliseer is en 74 in intensiewesorgeenhede. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, verskaf die jongste Covid-syfers.