Covid-19: 31 leerders toets positiefOctober 1, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in drie distrikte – Outapi, Okahao en Keetmanshoop – aangemeld, asook 91 nuwe gevalle uit 2 169 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 4,2 persent verteenwoordig. In die groep is 31 leerders, drie onderwysers, twee studente en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 150 aktiewe gevalle, waarvan 103 in hospitale is en 11 in intensiewesorgeenhede. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *