Covid-19: 25 leerders uit verskillende skole toets positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege Covid-sterftes in vyf distrikte aangemeld, asook 128 nuwe gevalle uit 1 600 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van agt persent verteenwoordig. In die groep is 25 leerders van verskillende skole, vyf studente, twee onderwysers en ses gesondheidswerkers. Die leerders verteenwoordig 20 persent van alle positiewe gevalle. Daar is nou 2 408 aktiewe gevalle, waarvan 196 in hospitale is en 37 in intensiewesorgeenhede.