Covid-19: 22 sterftes in ses distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 22 Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 96 nuwe gevalle uit 1 625 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van ses persent verteenwoordig. In die groep is 21 leerders, twee onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 13 508 aktiewe gevalle, waarvan 307 gehospitaliseer en 39 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue gee die jongste Covid-syfers.