Covid-19: 18 sterftes in agt distrikte

Die Nambiese gesondheidsministerie het 18 Covid-sterftes in agt distrikte aangekondig, asook 214 nuwe gevalle uit 1 567 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. In die groep is 29 leerders, vyf onderwysers en drie studente en gesondheidswerkers elk. Daar is nou 10 009 aktiewe gevalle, waarvan 300 gehospitaliseer is en 40 in intensiewesorgeenhede.