Covid: 16% positiewe gevalle vandag

Die Namibiese gesondheidsministerie het 274 nuwe Covid-gevalle uit 1 751 toetse bevestig wat ‘n 16 persent positiewe koers verteenwoordig. Die meerderheid gevalle is in die Erongo-, Khomas- en Oshana-streke. Daar is 38 leerders, vyf onderwysers, ses studente en tien gesondheidswerkers in die groep. ‘n Totaal van 1 487 pasiënte het herstel. Daar is 359 pasiënte in die hospitaal waarvan 68 in hoësorg is. Sestien sterftes is ook aangemeld. Kumulatiewe gevalle is tans op 120 495 met 18 948 wat aktief is.