Covid: 1 uit 7 word aangemeld

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê slegs 14,2 persent of een in sewe Covid-19-besmettings in Afrika word aangemeld. ‘n Ontleding deur die organisasie het bevind daar was teen die tiende van die maand ‘n kumulatiewe getal van ongeveer 59 miljoen Covid-19-infeksies in Afrika. Dit is sewe-keer meer as die nagenoeg 8 miljoen gevalle wat aangemeld is. Matshidiso Moeti van die WGO sê beperkte toetsing belemmer doeltreffende optrede in té veel gemeenskappe in Afrika. Sy voeg by die meeste toetse word gedoen op mense wat simptome wys, maar oordrag is hoofsaaklik as gevolg van asimptomatiese draers.