Covd: herstelkoers sak verder terug na 84%

Die Covid-herstelkoers in Namibië het van 95 persent ‘n paar weke gelede teruggesak na 84 persent. Die gesondheidsministerie het 884 nuwe gevalle uit 2 468 toetse bevestig, dit wil sê 36 persent van alle toetse was positief. Windhoek lei weer met 292 gevalle en Rehoboth het 103. Oshakati het 82 en Swakopmund 71. Aktiewe gevalle is op die oomblik op 9 548, die hoogste ooit. Daar is 374 pasiënte in die hospitaal met 86 in hoë- en intensiewesorg. Twee sterftes is bevestig.