Cosatu soek ook antwoorde oor Eskom en sy besteding 

Cosatu sê die Nasionale Tesourie se besluit dat Eskom nie onregmatige en verkwistende uitgawes in hulle finansiële state hoef te meld nie, maak die weg oop vir die voortsetting van staatskaping. Die kragverskaffer het ná Transnet die jongste staatsinstelling geword wat hiervoor vrystelling kry. Cosatu se woordvoerder, Zingiswa Losi sê President Cyril Ramaphosa moet Tesourie opdrag gee om die uitsluiting te staak en beskryf die besluit as roekeloos: