Corruption Watch eis volle aanspreeklikheid in Phala Phala-saak

Die organisasie Corruption Watch eis die parlement en ander instellings wat oorsig oor demokratiese prosesse uitoefen en bewyse het, moet vinnig die Phala Phala-saak hanteer. Dit behoort voorkeur te kry en is deel van hulle toewyding tot die beginsel van aanspreeklikheid. Karam Singh van Corruption Watch sê sulke beskuldigings van ernstige oortreding van die land se wette teen president Cyril Ramaphosa is nogeens ‘n krisis in ‘n land wat reeds sukkel om ‘n magdom uitdagings te oorkom, waarvan baie te doen het met korrupsie.