Corruption Watch bekommerd oor geen vordering

Corruption Watch het sy kommer uitgespreek oor die gebrek aan vordering in Suid-Afrika se stryd teen korrupsie. Dit volg in reaksie op die jongste verslag van Transparency International se Wêreldkorrupsie-indeks, wat aan die lig gebring het Suid-Afrika het ‘n 12-jaar laagtepunt bereik. Die uitvoerende hoof van Corruption Watch, Karam Singh, beklemtoon Suid-Afrika het nog lank nie die stryd teen korrupsie gewen nie.