COPE looi ANC-regering oor die Gupta-broers

COPE in die buurland sê die weiering van Atul en Rajesh Gupta se uitleweringsversoek gee nie Suid-Afrikaners hoop nie. Die party sê die boodskap wat dit dra is dat diegene wat verantwoordelik is vir die ineenstorting van die ekonomie, dalk nooit in ‘n tronksel sal beland nie. COPE sê President Cyril Ramaphosa en die regering verloor duidelik die stryd teen korrupsie en staatskaping, en die strafregtelike stelsel laat die land in die steek. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê dit lyk of die regering altyd geskok is wanneer so iets gebeur: