Cop28 ‘moet duidelike klimaatdoelwit gee’

Die buurland se minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy, sê die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingsberaad, Cop28 in Dubai, behoort die instelling van die Parys-ooreenkoms te ondersteun. Dié ooreenkoms poog om die globale gemiddelde temperatuurverhoging minder as 1,5 grade Celsius bo voor-industriële temperature te hou. Creecy sê hulle soek ‘n duidelike globale klimaatdoelwit by Cop28.