Trump mag weer twiet, maar wil hy?

Oudpresident Donald Trump van Amerika mag weer twiet nadat die nuwe Twitter-eienaar Elon Musk ‘n peiling gehou het of hy weer op die sosiale platform toegelaat mag word. Musk het laat Vrydag ‘n Twitter-peiling begin waarin volgelinge gevra word om te stem oor die vraag of Trump se rekening op die platform herstel moet word. Die meningspeiling was 24 uur lank oop en sowat 15 miljoen stemme is getel waarvanwat 51,8 persent ten gunste van Trump se hersinstelling was. Musk het in Mei gesê hy sal Twitter se verbod op Trump, wie se rekening opgeskort is ná verlede jaar se aanval op die Amerikaanse kongres, omkeer. Trump steur hom nie veel daaraan nie en sê hy sien geen rede om weer na Twitter terug te keer nie.