COP27 Klimaatberaad tot vandag verleng

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê politieke wil is nodig om die klimaatkrisis aan te pak. Hy het lande op die COP27-klimaatberaad in Sharm El Sheikh in Egipte toegespreek. Die beraad het moes Vrydag ten einde loop, maar is met ‘n dag verleng. Baie afgevaardigdes voel daar was min vordering met die grootste knelpunte. Guterres sê die wêreld wag op beduidende uitkomste.