COP27: Biden bewillig US$150m vir Afrika-projekte

Die Amerikaanse President Joe Biden, het 150 miljoen Amerikaanse dollar ter ondersteuning vir klimaatsaanpassingsprojekte in Afrika by COP27 aangekondig. Hy sê dit is ‘n kwessie wat almal, regoor die wêreld raak. Hy het applous by die beraad ontvang omdat hy weer by die 2015 Parys-ooreenkoms aangesluit het. Sy voorganger Donald Trump het op 4 November 2020 die ooreenkoms verlaat.