COP26 se konsep-ooreenkoms

‘n Nuwe bygewerkte konsep-ooreenkoms van die VN se COP26-klimaatberaad het
verbintenisse tot die vermindering van die gebruik van steenkool en ander
fossielbrandstowwe afgewater. ABC News berig bykans 200 lande moet instem tot die
tweede konsep by die spitsberaad in Glasgow. Onderhandelings gaan waarskynlik die
naweek voortduur totdat konsensus bereik is. Hoewel die kernvereiste vir lande behou
is om hulle te hou by strenger beloftes wat betref klimaatverandering, is die bewoording
in die nuwe konsep-ooreenkoms minder streng as die vorige een waarin lande gevra
word om fossielbrandstofsubsidies uit te faseer.