Conor maak ‘aanbod’ vir Chelsea

Die gemengde vegkuns-ster Conor McGregor het via sy sosiale media ‘n aanbod vir die Chelsea-sokkerklub gemaak. Dit volg na die klub se Russiese eienaar Roman Abramovich aangekondig het hy sal die klub verkoop as gevolg van sy noue bande met Russiese President Vladimir Putin. Hy het, kort na die Russiese inval in die Oekraïne en die gepaardgaande sanksies, die klub in rentmeesterskap geplaas. McGregor het op sy Twitter-blad gesê hy maak ‘n aanbod van 1,5 miljard Britse pond vir die klub. Hy het vroeër belangstelling getoon om ‘n sokkerklub te koop en hy is ‘n groot ondersteuner van Manchester United.