Comrades-marathon eindig vanjaar by Kingsmead-stadion

Padwedlope: Die eindstreep van die Comrades keer die eerste keer in sewe jaar terug na die Kingsmead-stadion in Durban. Die afgelope twee af-wedlope het by die Moses Mabhida-stadion geëindig. Die ultra-marathon vind vanjaar weer op sy tradisionele datum van die tweede Sondag in Junie plaas en nie in Augustus nie, en Moses Mabhida was reeds bespreek vir ‘n sokkerwedstryd. Wedloop-direkteur Rowyn James sê Kingsmead is ingerig om die Comrades aan te bied. Die wedloop begin om half-ses die oggend van 11 Junie in Pietermaritzburg