EFF-leier skrik nie vir dreigemente oor staking

Die EFF-leier, Julius Malema, het sy lede versoek om hulself te verdedig teen enigiemand wat inbreuk maak op hul reg om te betoog. Hy het gepraat oor ‘n verslag waarin die Fidelity-veiligheidsdienste sy planne aangekondig het om saam met die regering te werk om moontlike ontwrigtende gedrag te stuit tydens Maandag se beplande verset-optrede. Malema sê die EFF sal nie afgeskrik word deur hul dreigemente nie.