Comore ontvang N$100m van Afrika Ontwikkelingsbank

Die Afrika Ontwikkelingsbankgroep het ‘n toekenning van meer as 100 miljoen Namibiese dollar aan die Comore gemaak. Dit sal aangewend word om voedelsproduksie te verhoog en die veerkragtigheid van die land se voedselstelsel te verbeter. Dit gebeur terwyl voedselpryse in die Comore weens die oorlog in Oekraïne styg. Boere in die land gaan 270 ton mielies en aartappelsaad en 300 000 soetpatat plantjies ontvang. Hulle gaan ook 16 lê-hoender en braaikuiken-geriewe ontvang wat 160 000 dagoudkuikens kan huisves.