Comalie se dwelmsaak van die rol geskrap, staat wou uitstel hê

Die dwelm-saak teen Namcor se raadsvoorsitter, Jennifer Comalie, is vanoggend van die rol verwyder. Landdros Jozane Klazen het die saak geskrap, nadat sy geweier het om die staat weer uitstel te gee. Die saak is in Julie uitgestel vir ‘n beslissing deur die aanklaer-generaal. Comalie is op 27 Maart in hegtenis geneem nadat 935 gram dagga, 60 stukke kokaïen en 10 gram kokaïenpoeier na bewering in haar motor gevind is, kort voordat ‘n Namcor-direksievergadering by die maatskappy se hoofkantoor sou plaasvind. Die arrestasie het plaasgevind te midde van berigte van korporatiewe konflikte in Namcor, wie se besturende direkteur, Immanuel Mulunga, sowat ‘n week ná Comalie se vrylating op borgtog ná haar eerste hofverskyning deur die Namcor-direksie geskors is.