Comalie-sage: Alweendo het ook vrae

Plaaslike media berig dat die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê verskeie feite oor die inhegtenisname van die Namcor-raadsvoorsitter, Jennifer Comalie, moet eers uitgeklaar word voor kommentaar gelewer kan word. Hy sê vrae soos hoe het die dwelms in Comalie se voertuig gekom en hoe het die polisie daarvan uitgevind, is belangrik. Alweendo het ook aan plaaslike media gesê hy het kommer oor hoe die chaos by Namcor die land se beleggingsbeeld skend – veral nou met die olie-ontdekkings waar Namcor ‘n beduidende rol sal speel. Hy sê hy wag op die polisie. Die Nampol-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het ook ‘n ondersoek na die hele aangeleentheid gelas en eis om te weet hoe die polisie te hore gekom het van die dwelms.