Comair doen aansoek om likwidasie

Comair se sakereddingspraktisyns het vandag ‘n hofaansoek ingedien om die sakereddings-verrigtinge om te skakel na likwidasie-verrigtinge. Die praktisyns sê die nodige befondsing kon nie bekom word vir die onderneming om met sy bedrywighede voort te gaan nie. Die sakeredders het al Comair se vlugte van kulula en British Airways opgeskort nadat die onderneming nie teen 31 Mei vanjaar vorendag gekom het met ‘n praktiese plan vir voortgesette bedrywighede nie.