Coca-Cola tree in om Dag Zero in Nelson Mandelabaai af te weer

Coca-Cola het drie sonkrag-aangedrewe grondwater-opvangs- en behandelingseenhede oorhandig in sy poging om te help om Dag Zero in Nelson Mandelabaai af te weer. Altesaam nege boorgate is gesink. Die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, het onlangs gewaarsku die stad is nog nie buite gevaar nie. Die direkteur van openbare sake, kommunikasie en volhoubaarheid by Coca Cola SA, Nozicelo Ngcobo, sê die boorgate sal elke jaar sowat 90 miljoen liter water voorsien.