Clover vra staking moet beïindig word

Clover het die vakbond Giwusa gevra om sy arbeids-optrede te beëindig. Die voortslepende staking het verlede week nog ‘n lewe geëis toe ‘n sekerheidswag buite ‘n Clover-fabriek in Clayville, Gauteng, vermoor is. Twee mense is volgens berigte in hegtenis geneem. Clover se woordvoerder, Steven Velthuysen, het gesê die vakbond behoort ‘n kompromie aan te gaan ter wille van werkers se belange.