Clinton sê McCarthy is geteiken

Die voormalige minister van buitelandse sake in die VSA Hillary Clinton het eksklusief met CNN gesels oor die chaos in die Huis van Verteenwoordigers met die afdanking van speaker Kevin McCarthy. Alles staan nou stil tot volgende week Woensdag. Sy sê McCarthy is geteiken deur ‘n handvol verregse Republikeine omdat hy met Demokrate saamgewerk het om die regering doeltreffend te hou.