City wen weer, 3-1 teen Red Star Belgrade
Manchester City het hulle Kampioeneliga-titel verdedig met ‘n 3-1-oorwinning teen die Serwiese kampioene, Red Star Belgrade. Osman Bukari het die Red Star in die eerste helfte ‘n voorsprong gegee. Pep Guardiola se span het in die tweede helfte geantwoord met twee doelskoppe deur Julian Alvarez en een van Rodri. Intussen het Newcastle ‘n belangrike punt ingepalm toe sy wedstryd teen AC Milan met ‘n gelykop-telling van nul elk geëindig het. Dit was Newcastle se eerste Kampioeneliga-wedstryd in meer as 20 jaar. Die span se bestuurder, Eddie Howe, sê hy is tevrede met hulle algemene vertoning: