Cites sal in November oor Zim-ivoor besluit

Die bewarings-oorsigorganisasie, bekend as Cites, sal in November Zimbabwe se aansoek om 136 metrieke ton ivoor en renosterhoring te verkoop, oorweeg. Cites vergader in Panama tussen 14 en 25 November vanjaar. Zimbabwe het in Mei ‘n vergadering gereel met verskeie Afrika-lande, Namibië ingesluit om die verbod op ivoor, wat Cites in 1989 daargestel het, te bespreek. Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het ook onlangs gesê hy ondersteun die wettige verkoop van ivoor. Namibië het self rondom 70 ton ivoor in voorraad. Zimbabwe se voorraad is meer as 600 miljoen Amerikaanse dollar werd.