‘Namibiërs hou nie van demokrasie nie want dit dien hulle nie’

Ondersteuning vir demokrasie daal plaaslik. Die Afrobarometer peiling van vroeër vanjaar toon dat net 56 persent van Namibiërs demokrasie as stelsel goedkeur, teenoor 76 persent in 2014. Eben de Klerk sê die afkeuring van demokrasie is nie omdat dit nie werk nie, maar eerder omdat dit nie genoeg gelewer het nie.