Cites-beraad: Namibië en Botswana wil handel in witrenosters wettig

Namibië het saam met Botswana ‘n voorstel by die COP19 Cites-beraad in Panamastad, Panama, ingedien dat die Suidelike witrenoster vanaf Appendiks I na Appendiks II verskuif word om die handel in lewende witrenosters toe te laat vir slegs bewaringsdoeleindes en jagtrofeë. Namibië sal ook vir Zimbabwe ondersteun in sy voorstel dat die handel in rou ivoor van olifantbevolkings van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe toegelaat word. Namibië sal ook voorstelle teenstaan vir die verskuiwing van olifantbevolkings van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe van Appendiks II na Appendiks I. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, verduidelik die voorstel oor witrenosters wat Namibië en Botswana tydens die beraad wil indien aan Kosmos 94.1 Nuus.