CIA-baas kuier blykbaar in die geheim in Oekraïne

Die direkteur van die Amerikaanse intelligensie-agentskap William J. Burns het ‘n geheime besoek aan die Oekraïne gebring om President Volodymyr Zelensky te ontmoet en dieper Amerikaanse steun te belowe. Volgens Amerikaanse media het Burns vroeër die maand na Kiêf gereis, altyd in die geheim. Hy het blykbaar die VSA se verbintenis om steun aan die Oekraïne te verleen in sy stryd teen Russiese aggressie, insluitend die voortgesette deel van intelligensie, tydens die besoeke beklemtoon. Dit is onduidelik hoeveel reise Burns na die Oekraïne onderneem het sedert die begin van Rusland se oorlog in Februarie.