Christo Wiese verwelkom ook Jooste-beslagleggings

Die voormalige voorsitter van Steinhoff, Christo Wiese, het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se stap verwelkom om beslag te lê op ongeveer 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand se bates gekoppel aan die beleërde maatskappy se voormalige uitvoerende hoof, Markus Jooste. Dit volg op ‘n beslissing van die hooggeregshof in Kaapstad. Die bates sluit in ‘n huis en ‘n wynplaas in die Wes-Kaap. Jooste word verdink van die oortreding van valutabeheer-regulasies. Wiese sê geregtigheid sal seëvier: