Christine is vanaand weer in aksie.

Christine Mboma van Namibië se kanse is goed om vanaand in Zagreb, Kroasië, met
haar tweede laaste byeenkoms vir 2021 weer eerste in die 200 meter-naelloop van
Wêreldatletiek se Goue Kontinentale toerbyeenkoms te eindig, indien sy Jamaika se
Shericka Jackson kan klop.