Christine en Beatrice is trots en nie meer so senuagtig nie

Namibië se twee ster-atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi het nie vanoggend teleurgestel in die uitdunne van die 200-meter nie. Albei het gekwalifiseer vir die semi-finaal wat om 12:25 vandag plaasvind. Christine sê sy was baie op haar senuwees maar, sy is nou meer opgewonde.