Christine en Beatrice bly in die nuus

Die Namibiese Olimpiese medaljewenners, Christine Mboma en Beatrice Masilingi se afrigter, Henk Botha, het bevestig dat hulle oppad is Kroasië toe om aan die 71ste Boris Hanžeković-ateltiekbyeenkoms op 13 en 14 September deel te neem. Mboma, wat haar wêreldrekord vir onder-20 in die 200 meter verpletter het, gaan saam met Masilingi en Shericka Jackson van Jamaika aantree. Ná Kroasië sal die naellopers in Kenia hul laaste resies hardloop, waarna hulle ‘n blaaskans sal vat.