Chris Noth in die sop na klagte van seksuele teistering

Twee vroue het die akteur van Sex and The City, Chris Noth, van seksuele aanranding beskuldig. Die vroue het onder die skuilname Zoe en Lily met The Hollywood Reporter gepraat. Daar word berig dat Zoe, wat nou 40-jaar oud is, beweer sy was 22 toe Noth haar in 2004 glo in ‘n woonstel in Wes-Hollywood verkrag het. Die 31-jarige Lily sê sy is in 2015 in sy Greenwich Village-woonstel in New York Stad verkrag toe sy 25 en die akteur 60-jaar oud was. Noth ontken die bewerings ten sterkste en sê die voorvalle het met die vroue se toestemming plaasgevind.