Chris Hani se weduwee teleurgesteld oor sy moordenaar se parool

Chris Hani se weduwee, Limpho, het haar teleurstelling te kenne gegee oor die Konstitusionele Hof se uitspraak om haar man se moordenaar, Janusz Walus, parool toe te staan. Hoofregter Raymond Zondo het in sy uitspraak die departement van korrektiewe dienste tien dae tyd gegee om Walus vry te laat. Hani is op 10 April 1993 voor die gesin se huis in Boksburg, doodgeskiet. Sy weduwee sê geregtigheid het beslis nie geskied nie. Ons vra om verskoning vir die sterk taalgebruik.