Cholera: Kameroen sukkel sedert Oktober ’21

‘n Verdere 26 mense in Kameroen se voortslepende cholera-uitbreking het in die afgelope twee weke gesterf, wat die dodetal op 426 te staan bring. Die uitbreking is in Oktober 2021 verklaar en het ‘n sterk toename in gevalle sedert einde Maart vanjaar ervaar. Die aantal bevestigde gevalle in Kameroen staan tans op 1 868. Veertien Afrikalande het sedert die begin van 2023 gevalle aangemeld. In Kameroen bereik amper 80 persent van die gevalle gesondheidsfasiliteite in ‘n matige of ernstige toestand wat die kanse verhoog dat die gevalle dodelik word.