Cholera in Limpopo aangeteken

Die gesondheid-department in Limpopo het twee gevalle van cholera in die provinsie bevestig. Beide pasiënte, mans van Zimbabwe van 27- en 43-jaar, het simptome getoon nadat hulle teruggekeer het van feestelikhede en is dadelik opgeneem vir toetse. Cholera is ‘n hoogs-aansteeklike siekte wat iemand binne ure kan laat sterf as dit nie behandel word nie. Simptome sluit in ernstige diarree, braking en ontwatering. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, maan die publiek om dadelik mediese hulp te kry indien hulle simptome ontwikkel.