Chobe-skietery: daar sal nie geregtigheid kom nie

Die stigter van die Namibian Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti, sê daar sal nie geregtigheid geskied na die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zamibese neef by die Chobe-rivier in November verlede jaar nie. Mudabeti sê die polisie sien nie in hoekom die saak ondersoek moet word nie omdat hulle niks fout sien met die gedrag van die Botswana weermag nie. Soldate het die vier doodgeskiet, blykbaar omdat hulle stropers was. Die vier, wat vis gevang het, is ‘n totaal van 19 keer raakgeskiet. Mudabeti het sy mening so opgesom.