Choas in Pan-Afrika-parlement

Die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, het ‘n verskoning deur ‘n mede-lid van die Pan-Afrika-parlement aanvaar. Dit volg nadat sy byna in die gesig geskop is toe sy ‘n onderonsie wou verhoed. Lede het gister tydens ‘n Pan-Afrika-parlementsitting in Midrand, Gauteng, handgemeen geraak toe ‘n nuwe leier vir die kontinentale liggaam verkies moes word. Majodina sê sy het geen probleem om die verskoning te aanvaar nie, aangesien dit ‘n hittige stryd was. Die Pan-Afrika-parlement is die wetgewende liggaam van die Afrika-unie.