Chinese stede steier onder toename in Covid-gevalle

Minstens 23 stede in China met bykans 193 miljoen inwoners het dié week weens ‘n toename in Covid-gevalle gedeeltelik of algehele inperking ingestel. Shanghai, met 23 miljoen inwoners het, het volgens internasionale nuusagentskappe meer as 21 000 nuwe gevalle gehad. Indien dit in Shanghai regdeur April voortduur, sal die stad ‘n verlies van 6 persent in BBP hê wat neerkom op ‘n 2 persent verlies in BBP vir China in geheel.