Chinese provinsie het Indiese variant

Owerhede het die Chinese provinsie, Guangdong, streng ingeperk na wat volgens berigte die eerste gemeenskaps-uitbreking van die Indiese Covid-19 variant in die land is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie noem hierdie weergawe die Delta-variant. Die provinsie het 23 nuwe gevalle aangeteken. Internasionale media berig honderde vlugte op die besige internasionale Guangdong Baiyun lughawe is gekanselleer, en die owerhede het beveel dat mense in sekere strate in die buurt Liwan in die stad Guangzhou hulself moet afsonder.