Chinese oorlogsvliegtuie betree Taiwan se lug-afweersone

Chinese oorlogsvliegtuie het vandag Taiwan se lug-afweersone binnegegaan, kort nadat Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, uit die land gevlieg het ná ‘n diplomatieke besoek aan Taiwan. Haar besoek het Beijing woedend gemaak en dreigemente van weerwraak uitgelok. Altesaam 27 vegvliegtuie, insluitend 16 Russies-vervaardigde SU-30-stralers, het die sone oorgesteek. Taipei se generaals het vandag Beijing se dreigemente trotseer en gesê dat hulle nie ‘n geveg met China soek nie, maar ook nie vir een sal terugdeins nie. Bekende Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage, gee sy mening oor die konfliksituasie.